Latest Newsletter

Newsletter Archive Travel Stories of Destinations Travel Information Testimonials Meet our Staff
 
Travel Stories:
   

Botswana

   


'n Plek waarheen almal teruggaan

Botswana is ‘n wonderlike ervaring. Die gevoel van die ware Afrika, al woon ons in Afrika. Daar ondervind mens nog die werklike gevoel om in die bos te bly sonder dat daar drade om jou gespan word vir veiligheid en bladsye reëls met moets en moenies wat in jou hand gedruk word.

Nee, hier is jy verantwoordelik vir jou eie veiligheid en ervarings. Saans is die wilde diere so ver as die buitenste ligkring van die vuur en as jy gaan slaap, dan selfs binne jou kamp. Die gesnuif van die Hiëna buite jou kamp en die gebrul van leeus iewers daar buite.

In die nasionale parke Moremi en Chobe is daar baie wild, geen krag en ‘n beperkte aantal besoekers. ‘n Gevoel van hoe Afrika was voor al die ontwikkelings gekom het. Dan is daar die 13 000 km van waterweë in die Okavango Delta. ‘n Gebied wat ryk is aan pragtige plante, bome en ‘n groot verskeidenheid voëls. Voeg daarby tiervis en daar is iets vir elkeen wat die natuur geniet.

 

Gedurende Augustus het meer as 1 500 buffels by ons kamp die Choberivier gekruis en het twee olifante deur die rivier geswem. Daar was meer as 500 olifante in totaal. Waar ondervind jy dit nog in Suidelike Afrika? Dan praat ons nie van die verskeidenheid bokke, leeus, seekoeie en selfs visarende wat visvang nie.

Botswana is ‘n belewenis en ‘n plek waarheen almal weer teruggaan. Al kla ons oor die hoë tariewe in hul parke. Daar is egter nog bekostigbare plakke om te besoek. Dan is daar nog die Mkgadikgadi panne wat ‘n area van 1 200 000ha beslaan waar Kubu eiland op hierdie panne seker een van die besonderse plekke is om ‘n nag of twee te kamp.


K
remetartbome op Kubu-eiland

Hierdie eiland van rotsformasies en kremetartbome is op Suwapan, wat meer as 100 km van noord na suid strek, skep daardie gevoel van verlatenheid.

Ons het nog nie eens gesels oor die Kalahari area in die suidelike gebied nie. Ja, daar is iets vir almal en elke keer ‘n ander ontdekkingsreis.

Phanus Zondagh
 

Sure Etnique Travel
2001-2009
Terms & Conditions

This section of the Sure Etnique Travel website is hosted, designed & maintained by 123 Internet