|
Tibet van die Iberiese Skiereiland
Andorra
is ‘n klein onafhanklike afgesonderde landstreek met ‘n bevolking
van 65 000 in die Pirinese bergreeks, tussen Spanje en Frankryk.
Hoewel die helfte kleiner as Lesotho, is Andorra beide ekonomies sowel
as polities volkome selfstandig met eie identiteit.
Tussen
tientalle bergpieke is die land strategies in ‘n diep kloof geleë – op
die enigste deurroete van 35km wat vir baie eeue midde in die oorlogkonflik
tussen Spanje en Frankryk gestaan het.
|
Sedert
1993 word dit onafhanklik regeer deur beide ‘n politieke leier asook die
Biskop van Urgell. Dit besit ‘n eie landsvlag asook internasionale
registrasienommer.
Die
feit dat daar geen verkoopsbelasting gehef word nie, maak dit ‘n
uiters gewilde koop en toeristebestemming vir die naburige Franse en
Spanjaarde. Dit het ook die afgelope klompie jaar een van die nuwe
ski-oord fondse van Europa geword. Binne ‘n radius van 30km is sowat
350km ski-hellings en bykans 40 000 mense kan per uur met die
ski-hysers na hul eindpunte vervoer word.
|
 |
Die
inwoners van die hoofstad Andorra la Vella, asook die ander klein
bergoorddorpies, St Julia de Lòria, Encamp, Soldeu en
Arinsal het toenemend op toerisme ingestel geword. Sowat een
miljoen toeriste besoek jaarliks hierdie streek.
|