Latest Newsletter

Newsletter Archive Travel Stories of Destinations Travel Information Testimonials Meet our Staff
 
  • “Veels geluk met die welverdiende toekenning! Ons vier reisgenote is terug na ‘n baie geseënde vakansie in Spanje, Portugal en dagtoer na Marokko.
    Baie dankie aan die bekwame Anne vir al die reëlings en toerondervindings wat sy met ons kon deel. Anne, dit is ‘n voorreg om jou ook as vriendin te kan hę.”  

    Wessel en Magdaleen Pieterse & Louw en Johanna Viljoen

  • “Baie geluk aan Sure Etnique Reis met die onlangse toekenning vir uitsonderlike kliëntediens.
    Self het ek onlangs eerstehands julle ongelooflike diens as kliënt ervaar : Ek moes noodgedwonge, oor ‘n naweek, familie vanuit Skukuza in Bloemfontein kry. Nerina het op ‘n Sondag geen moeite ontsien om ons te akkomodeer nie. Julle vriendelikheid en voortreflike diens word ongelooflik baie waardeer.”  

    Dr Sybrand Pretorius, Senior Direkteur - FARMOVS Parexel

  • “’n Spesiale geblikte dankie vir julle omdat ons julle so dikwels in ‘n blik druk met al ons vliegkaartjies. Dis ‘n voorreg om saam met julle te werk - ons waardeer julle hulp en vriendelikheid verskriklik baie!”
    Deon, Andrew, Farouk, Jackie, Edith, Jenny & Elma, Technikon Wetenskappark

  • “Na tientalle sake- sowel as vakansiereise na die buiteland die afgelope 30 jaar, waartydens ons van verskeie reisagente gebruik moes maak, was dit ‘n verrasend aangenaam en heel nuwe ervaring om Etnique Reis se diens te beleef.
    ‘n Deeglik voorbereide voorlegging, netjies gebind, was binne 36 uur afgelewer nadat kwotasies vir die reis versoek was en met ons bespreek. Die voorlegging het onder meer ‘n volledige reisplan, stadsstraatplanne, kaarte met ondergrondse treindiensnetwerke, lyste van besienswaardighede in elke stad, agtergrondinligting oor die stede en die omgewing ens, bevat.
    Voor die aanvang van die reis was ons verder voorsien van ‘n gebinde dokument bevattende al bogenoemde inligting plus afskrifte van alle relevante dokumente soos vlugkaartjies, paspoorte, internasionale bestuurslisensie, hotel en motorhuurbetaalbewyse tesame met nuttige inligting en wenke om ons reis sorgeloos en probleemvry te laat plaasvind.
    Dit was louter plesier om ‘n veeleisende sakereis van vier weke waartydens 30 afsprake nagekom is, sorgvry en probleemloos saam met ‘n kollega met bogenoemde voorbereidings te kon meemaak.

    Om die kroon te span, was
    Etnique Reis se kwotasie vir ‘n reis van nagenoeg 30 000 km waartydens 7 stede in die VSA besoek is, verreweg die goedkoopste.”

    Dawid J Vermeulen (Pr Ing) - Direkteur : Eeufeesprojekte, Universiteit van die Vrystaat

  • “BAIE GELUK!!! Dit was met absolute vreugde wat ons verneem het van die toekenning wat julle ontvang het as Besigheid met die Uitmuntenste Dienste-lewering vir die jaar.
    Ons stem heelhartig met die beoordelaars saam! Mag julle net van sterkte tot sterkte gaan! Baie, baie geluk - dis lekker om die oomblik met julle te deel!!”

    Chretienne & Sue - Tapestries Garden Guest House, Potchefstroom

  • “Baie dankie vir die voortreflike reëlings wat julle getref het vir my, Frederick en Van Aardt se besoek aan die buiteland. Alles het seepglad verloop en die aandag wat julle aan detail en voorbereiding gegee het, het op kritieke tye die verskil tussen ‘n genieting en ‘n gesukkel gemaak.
    Die wyse waarop julle die dokumente vir ons voorberei het, het ook baie gehelp om ons op koers te hou.
    Nogmaals dank vir die vriendelike en voortreflike diens”.

    Prof Niel Viljoen - Hoofdirekteur : Bedryf  - Universiteit van die Vrystaat

  • “Om nuwe tegnologie in die Suid-Afrikaanse industrie te vestig, was nie ‘n maklike taak nie. Dit het onder andere meegebring dat verskeie internasionale besoeke op kort kennisgewing moes plaasvind, en dat internasionale gaste op nog korter kennisgewing ontvang moes word. Die persoonike en deeglike diens van Sure Etnique Reis, het nie net by die uitreik van vliegtuigkaartjies opgehou nie, en het ook ‘n geweldige bydrae gelewer tot ‘n hele aantal suksesvolle transaksies”.
    Dr Deon de Beer - Direkteur Wetenskappark : Technikon Vrystaat

  • "Dear Tessa, a short comment on our recent safari to Botswana which we enjoyed thoroughly, thanks to your efficient arrangements.
    If you want to get away from it all - try a “Karibu Safari” in Botswana. We flew from Johannesburg to Maun with Air Botswana where we were met by the tour leader and started our tour with two open Toyota Land cruisers with trailers carrying water, tents, camp stools. Tables, mattresses, cooking utensils etc. all in good condition. Our first stop was a public bush camp near Maun where we were shown how to pitch our tents and to set up the camp in general. The crew consisted of two excellent drivers-cum-tour-leaders and a cook who were very friendly and helpful throughout the whole trip. Around the camp fire during the first evening meal we had very interesting conversations among the 10 participants.

    Many thanks to our travel agent, Tessa Hattingh, who recommended this tour and made all the arrangements in her excellent way. We took heed of all her suggestions, not a single problem, pure enjoyment!! An exciting adventure for people who love the great outdoors."  

    Christine & Professor Hans Hundt - FARMOVS Parexel, Bloemfontein
     

  • "Hiermee wil ek net my opregte dank uitspreek teenoor u firma, en veral teenoor Anne Woest, vir die besondere en vriendelike manier waarop sy vir my van hulp was tydens besoeke, toe ek my reis na Australia en New Zealand beplan en bespreek het.
    Ek het alle dokumente betyds ontvang en hoe gaaf om ook afskrifte daarvan te kry sonder dat ek daarvoor gevra het. Alles het sonder probleme en baie vlot verloop. Dis seker, Anne Woest is ‘n spesialis in haar werk! Ek het ‘n baie aangename reis, heen en terug, gehad. Veral die “Passenger Assistance” het bygedra dat ek sonder enige bekommernis alles kon geniet. Om alles nog interessanter te maak, word ek toe ook opgegradeer na Besigheidsklas vanaf Brisbane na Auckland - te lekker!!!
    Ek sal Brisbane, ‘n pragtige, moderne, skoon stad met die kronkelende rivier in die hart van die stad, die pragtige kleurvolle parakiete in die woude, en Auckland met sy eilande, honderde bote en Pohutukawa bome, rooi in die blom, nie lig vergeet nie, ook Russel en TeNgaere Baai in die verre noorde, waar ons elke dag op ‘n verskillende eiland gaan piekniek hou het, was ‘n ondervinding wat altyd onthou sal word.”  

    Mev Jopie Bok (Bloemfontein)

  • "Tessa, firstly a big thank you for organising our short trip abroad. We appreciate the professional way you did all our bookings as well as for keeping us informed of plans and details on a regular basis.
    SAA flights were fine and on time both way. Being up in the “bubble” was comfy and the service on the plane good.
    Despite the miserable weather, and the travel pass mix-up, we had a super stay despite our rand / pound exchange.”  

    Claude & Des Cloete  (farmers, Dordrecht)
     

  • "Anne, many thanks indeed for suggesting a cruise when Terry first spoke to you for a trip for myself and my 66 year old Mom. You couldn’t have made a better, more comfortable choice. The cabin you selected was an excellent decision, as it was situated near the main dining room and lift, etc. All the staff were marvellous and so helpful. We noticed 3 wheelchair passengers who all received personal attention and assistance. My mom was also able to join in the fun on the Rubber Ducks as the crew were most helpful with boarding.
    I can recommend a cruise on the Monterey to everyone. The organization is absolutely fantastic and great value for money. But as South Africans we did find it expensive to pay for refreshments in US Dollars.

    Thanks again Anne for your excellent service. We will certainly recommend you and Etnique Travel to our friends."  

    Angela Fraenkel (Ladybrand)
    "Dear Nerina, Maquida, Janique &  Tiana
    This is a small token of appreciation from all staff members that you deal with on a day to day basis from South African Breweries Central-Region. We would like to extend our sincere thanks to everyone of you regarding the extra effort you always put in when you assist us. We really mean this from the bottom of our hearts and hope this relationship will last for ages."  

    Masentle Monchusi (Financial Manager’s Secretary - SAB)
    "Dear Tessa, just a short note to thank your for a fantastic holiday!!! Costa and I have been married for 33 years and can honestly say that this was one of the best holidays we have ever had.
    Starting off the holiday at Caesars Palace and then flying on to Plett, where a motorcar was awaiting our arrival was a wonderful idea on your behalf. The hotel in Brenton also met our expectations, therefore I can only say thank you once again for your excellent service and planning.

    Having dealt with you in the past, this only proves what Costa and I have known for many years."  

    Electra and Costa Aresti

  • "Maquida, sommer net om te sę dankie vir jou altyd vriendelike gesindheid en hulpvaardigheid in alle opsigte, met ons besprekings. Dit is heerlik om met jou te werk."  
    Riana de Kock

  • "As another year draws to an end, my thoughts turn to the many people who have made some or other impact and difference in my life (professionally and personally).
    Therefore I would like to use this opportunity in thanking Sure Etnique Travel for the wonderful relationship and friendship we have had during 2001.   
    Your level of service was always excellent, your extra input fantastic and your personal interest in the minute detail wonderful."
    Suezette Smit - Personal Assistant to the CEO, PACOFS, Bloemfontein

  • "Ek het onlangs ‘n internasionale Fisika-konferensie bygewoon wat aangebied is in Avignon, geleë in die Provence-streek aan die suidelike punt van Frankryk. Die streek is bekend vir sy laventel-velde en -produkte, asook die helderkleurige tafeldoeke en keramiekware. Aangesien hierdie plattelandse streek so mooi is, het ek en my vrou besluit om na die konferensie met ‘n motor vanaf Avignon na Barcelona te reis waarvandaan ons weer sou terugvlieg SA toe. Ons het Etnique Reis genader en hulle het ons voorsien van ‘n magdom toergidse en toerismeboeke oor hierdie streke waarin ons rustig by die huis ons naslaanwerk kon doen en op grond van die mooi foto’s ons finale roete kon beplan. Na aanleiding hiervan het Etnique Reis  vir ons ‘n detail reisplan en -roete uitgewerk wat vier dae sou duur.
    Nadat ons ons motor in Avignon afgehaal het, het ons die eerste nag in ‘n skilderagtige klein dorpie met die naam Florac oornag wat bekend is vir sy staproetes in die berge. Die volgende dag het ons gereis tot op Carcassonne, wat weer bekend is vir sy sprokieskasteel wat dateer uit 14de eeu en byna perfek gerestoureer is. Daarna het ons die grens tussen Frankryk en Spanje oorgesteek en die kunsmuseum van Salvador Dali in Figueres besoek en oornag in die klein kusdorpie Rosés. Barcelona was aansienlik besiger as al ons vorige kuierplekke en dit het moed gekos om gewoond te raak aan die mensemassa in die besige stad. Gelukkig het ons vinnig die moltreinstelsel baasgeraak en kon ons verskeie van Gaudi se argitekkunswerke besoek asook die naglewe van die La Ramblas beleef. Ons het detailinligting oor al hierdie interessante besienswaardighede by
    Etnique Reis  gekry."

    Dr Petri Greeff (Departement Fisika, Universiteit Vrystaat)

  • "Nerina, thank you for the fantastic service - you were an "Eunice Superstar"!!  The Springboks gave us a hard time but you handled it superbly.  Thanks."
    Colleen Steenkamp (Eunice School Sports Co-ordinator - Bloemfontein)

  • "Nerina, just a short note to thank you for your efficiency and the friendly manner in which you organized our tickets to the UK.  The SAA trip was very good.  My daughter's trip on Virgin Atlantic was very good indeed, although very full.  We'll definitely be making use of your services again."
    Thersia Wysoke (Businesswoman - Bloemfontein)

  • "We want to thank you from the bottom of our hearts for all you have done to help us.  You really have "bent over backwards" and we appreciate your kindness more than words can ever tell."
    John and Marilyn Armour (Bloemfontein)

Page 1 >> Page 2 >> Page 3  >> Page 4

 

Sure Etnique Travel
2001-2009
Terms & Conditions

This section of the Sure Etnique Travel website is hosted, designed & maintained by 123 Internet